Trio HS

Jou tweede huis waar ons soos een groot familie is!

Hoërskool Trio beskik oor 3 koshuise vir seuns en meisies.

  • Meisieskoshuis
  • Graad 8 en 9 seuns
  • Graad 10 tot 12 seuns 

Die koshuise beskik oor ruim kamers, badkamers, studiesale, ontspanningslokale en eetsale.  Daar is ook 2 swembaddens en braaigeriewe.

Ons koshuise is op die skoolterrein en is dus veilig.  Huis De Klerk, ons meisieskoshuis het ekstra sekuriteit in die vorm van ‘n biometriese veiligheidshek.

Studietye word stiptelik nagekom en vind onder toesig plaas.

Indien jy sou siek word, sal jy na ‘n dokter geneem word.

Die gedragskode en reëls van die skool geld ook in die koshuis.

Gedurende eksamentye is daar addisionele studiesessies.

Ons koshuis voorsien smaaklike, gebalanseerde ete’s aan inwoners.

Koshuisverblyf is beskikbaar oor naweke.

Busroetes:

Die volgende busroetes is onderhewig aan getalle van leerders wat die spesifieke roete gebruik, teen ‘n minimale koste.

  1. Ventersburg – Hennenman – Riebeeckstad
  2. Vredefort – Parys – Sasolburg
  3. Senekal – Lindley – Steynsrus